LEPHALALE — Markdae, met interessante stalletjies, is Saterdag by die Hervormde Kerk Ebenhaeser sowel as Ellisras Bou- en Hardeware gehou.

Matte, eetgoed, boeke, klerasie, houtwerk, boeresamoesas, plaasbotter, piouterwerk, juwele, skilderye, wyn, vetplante, waatlemoene en spanspekke en allerhande mooi goed is uitgestal.
Ellisras Bou- en Hardeware het ook demonstrasies oor ván hul produkte gehad. Die effens winderige en bewolkte dag en lekker musiek was perfek vir ʼn snuffeldag. Hierdie tyd van die jaar is dit juis wanneer mense begin rondkyk om te kyk waarmee die kerskouse gevul kan word.
Hou gerus die koerant dop vir meer sulke markdae.