Marken VLU wil verskil maak

MARKEN — Die lede van Marken VLU het Woensdag 24 Januarie hul openingsvergadering vir 2018 gehou. Heelwat interessante projekte word vir die jaar beplan.

Hulle sê hulle is trots daarop dat die tak ʼn dogtershuis (Huis Bauhinia) van die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle (Nylstroom) onder hulle vlerk gaan neem.

Die tak se eerste uitstappie vir die jaar word beplan vir Saterdag 3 Februarie wanneer hulle geborduurde handdoeke, waslappe en lekkergoedpakkies aan al die kinders gaan uitdeel. Hulle gaan ook persoonlike geskenkboksies aan die twaalf dogters in Huis Bauhinia oorhandig.

“Ons vertrou dat ons werklik ’n verskil sal kan maak in dié dogters se lewens,” sê hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.