Marlothii deel pryse uit

Corney oorhandig die mandjie met kruideniersware aan Ria

LEPHALALE — Marlothii Learning Academy het Saterdag 3 Augustus tydens die vlooimark en pretdag aangebied deur SrixZone/Elephant’s Bull Bar fondse ingesamel vir ’n opvoedkundige toer wat beplan word vir die Marlothii-leerders.

Lenanda van der Watt, teddiebeerwenner, by Marlothii se stalletjie

Lenanda van der Watt was die gelukkige wenner van ’n teddiebeer. In nóg ’n kompetisie waar die gewig van ’n mandjie kruideniersware geskat moes word teen R10 per raaiskoot, het kollega Ria Wells besluit om Marlothii te ondersteun. Sy het haar R10 betaal en geraai!

Tot haar groot verbasing ontvang sy Maandag 5 Augustus ’n oproep om te sê dat sy die wenner van die skatting is en sy moet die hele 11,5 kg mandjie met kruideniersware in ontvangs gaan neem. Ria se skatting was die naaste met 11,8 kg.

“Dis nou ’n lekker meevallertjie wat ’n Blou Maandag onmiddellik in ’n vrolike, helder en sonskyn-Maandag verander,” sê sy.

Corney Myburgh, skoolhoof, bedank almal wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.