Marlothii-sentrum — maak kinders lewensgereed

Agter v.l.n.r: Lisa Deysel (SmartBrain fasiliteerder), Corney Myburgh (eienaar en hoof), dr. Susan Rotmann Lyons (rekenaar- en wiskundefasiliteerder), Ockert Coleski, Linda Visser (ouer) en voor: D’Angelo Carolus (graad 1), Calla Schutte (graad 1), Joame en Craig Schutte (ouers) en Jaydee Visser (graad 6)
Agter v.l.n.r: Lisa Deysel (SmartBrain fasiliteerder), Corney Myburgh (eienaar en hoof), dr. Susan Rotmann Lyons (rekenaar- en wiskundefasiliteerder), Ockert Coleski, Linda Visser (ouer) en voor: D’Angelo Carolus (graad 1), Calla Schutte (graad 1), Joame en Craig Schutte (ouers) en Jaydee Visser (graad 6)

Leoni Kruger
LEPHALALE — “Dis hier waar kinders lewensgereed word en geleer word om op hulle voete te dink” sê Corney Myburgh van SmartBrain Lephalale. Sy het ook onlangs die groot stap geneem en haar fasiliteite uitgebrei vir privaatonderrig en sy spog nou met ‘n geakkrediteerde Impak-sentrum, vernoem na ‘n groot ou boomalwyn, Marlothii. “Soos dié aalwyn uitstaan in die Bosveld, gaan ons ook uitstaan” sê Corney.
Die amptelike opening van die Marlothii-sentrum is Maandag 18 Julie gehou en pastoor Ockert Coleske het ‘n roerende boodskap gebring uit Jesaja 43. Hy het verder gesê dat die Here sê: “as jy jou hand aan die ploeg slaan, moenie terugkyk nie”.
Hy het Corney en haar span (Lisa en Lenie) aangemoedig om vorentoe te kyk en te fokus op hulle nuwe projek wat ‘n broodnodige geleentheid was wat sy raakgesien het.
‘n Sigbaar aangedane Corney het die ouers wat reeds betrokke is bedank vir die vertroue wat hulle in haar het – “hierdie oomblik is net te groot” het sy gesê.
Een van die pa’s wie se seun tans in graad een is by Marlothii het ‘n wonderlike getuigskrif gelewer dat onderwysers by ander skole gesê het sy kind is stout en “onleerbaar”. By Corney het hy geblom en presteer en hy kon nie glo toe hy sy kind se vordering na net ses maande sien nie.
Dr. Susan Rottmann Lyons, traumatoloog wat spesialiseer in die berading van kinders, het tydens die opening bekendgemaak dat sy voortaan ook by die sentrum betrokke gaan wees deur ekstra wiskunde-onderrig te gee en later ‘n wiskunde- en rekenaarsentrum op die been te bring. “Marlothii gaan behoorlik ontplof – ons gaan binne ses maande vir julle wys waartoe ons in staat is – vertrou julle kinders in ons hande – ons kan hulle help” het sy gesê.
Corney het laastens weer die ouers en betrokkenes bedank en gesê: “dankie dat julle my gehelp het om my belofte aan die Here na te kom” sê sy.
Marlothii-sentrum is oop vir kinders vanaf 4-jarige ouderdom tot en met matriek. Daar is tans leerders wat voltyds onderrig word, asook dié wat net eksamen skryf by die sentrum.
Skakel Corney by 076 589 6215 vir meer inligting oor Marlothii-sentrum vir privaatonderrig. (SmartBrain en Impak se programme word tans daar aangebied).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.