’n Ontstoke leser het dié foto aan Mogol Pos gestuur van ’n maroelaboom op die sypaadjie op die hoek van Swartrif- en Sterkbosstraat in Onverwacht.
Die boom is geringbas, waarskynlik sodat die boom moet doodgaan.
Maroelabome is beskermde bome en die beskadiging van dié bome is dus onwettig.