Maroelafees vol gees

Beauty VLU weer op hul pos by die Maroelafees

Ria Wells
TOM BURKE — Tom Burke se feesterrein was Saterdag 8 April in rep en roer tydens die immergewilde Maroelafees. Al die elemente wat van ‘n fees ‘n reuse sukses maak was teenwoordig en natuurlik gaan jy ver moet soek vir soveel egte bosveldgasvryheid.
Daar was verskeie gehalte-stalletjies en boere kon kies tussen trekkers, landbou-implemente en voertuie wat menige hart warm laat klop het. Ander stalletjies soos klerasie, messe, aluminium vensters, speelgoed, eksklusiewe klere en kindervermaak was aan die orde van die dag, terwyl die kleiduifskiet-aktiwiteit baie belangstelling gelok het. Van oud tot jonk het deelgeneem. Die verskeidenheid heerlike eetgoed was die kersie op die spreekwoordelike koek.
Die aand is onder die sterre afgesluit met vermaak deur die gewilde Brendan Peyper en Elvis Blue. Wat meer kan ‘n mens vra vir ‘n feestelike fees in die bos?
Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebookblad vir feesfoto’s.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.