Maroelamakietie

Karien en ds Jannie Hamman

Ria Wells
LEPHALALE — Die NG Kerk Ellisras-Wes het Saterdag 25 Maart ‘n uithaler Maroelafees op die kerkterrein gehou.
Heerlike maroelajellie, -bier en verwante produkte het die tema perfek afgerond. Aan uitstallers en stalletjies met ougoed, mooigoed en eetgoed was daar geen tekort nie. Besoekers kon na hartelus smul en kuier op die maat van die sang en musiek van Jaco van Wyk, ‘n plaaslike kunstenaar en Die Grenadiers, Lephalale se eie mannekoor en die junior Bossiekoor was soos altyd van die hoogtepunte op die feeskalender.
Ds Jannie Hamman, leraar van die gemeente, bedank die gemeenskap vir hul betrokkenheid asook almal wat so hard gewerk het om van dié lekker makietie ‘n feestelike sukses te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.