Maroelas gered

Kobus en sy span besig om die maroelabome uit te haal vir hervestiging
Kobus en sy span besig om die maroelabome uit te haal vir hervestiging

Ria Wells
LEPHALALE — Met die ontwikkeling en opgradering van die besighede in die omgewing van Fox Odendaalstraat, J Louis Botharylaan, Pikastraat en OR Tamboweg het die behoefte ontstaan om vyftien bome in Hendrikstraat te verwyder waarvan veertien wetsbeskermde maroelabome is.
Volgens Kobus Roux en Vonnie Maree, omgewingsaktiviste, het die landheer hulle gekontak om die bome te hervestig. Die nodige permitaansoeke is bekom wat toestemming verleen om die bome uit te haal en te verskuif.
Kobus Roux en sy span het Dinsdag, 18 Junie, met die hervestigingsprojek begin. Hulle spreek hulle dank teenoor die landheer uit wat hulle genader het om die bome te hervestig en dit nie net bloot afgesaag het om tot niet te gaan nie.
Die bome sal in ‘n rypvrye-area hervestig word en is gemerk om dit volgens hul noordelike oriëntasie te herplant. Kobus sê dat hy hoop dat hierdie projek vir die gemeenskap as voorbeeld sal dien en hy kan gekontak word vir enige advies rakende moontlike hervestiging van ‘n boom of bome. Dit is egter nie alle bome wat hervestig kan word nie, maar dit sal raadsaam wees om die regte inligting te bekom sou iemand so ‘n projek wil aanpak. Skakel Kobus by 082 923 0917.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.