Martha Moganedi 19 Junie 1975 – 21 Januarie 2021

“Hoe neem ʼn mens afskeid van jou vriendin? Jou jarelange maat? Martha, watter leemte los jy nie in elkeen van ons se hart nie?

“Martha was ʼn mense-mens met ʼn ongelooflike persoonlikheid. Sy het dadelik ʼn vertrek opgehelder met haar vrolikheid en sêgoed.

“Sy het ʼn noemnaam vir elke persoon gehad wat sy geken het.

“By die salon wou sy altyd by almal hoor of hulle iets wou drink. Sy het menige aand tot laat saam met my gesit en gesels en gesorg dat alles netjies en op hulle plek was.

“In die salon het Martha musiek gespeel, danstoertjies uitgehaal en met almal gekgeskeer.

“Dankie my liefste maat vir al die jare se lag en huil. Trane wat jy afgedroog het. Jou bystand, hulp en liefde. Jy was ʼn onontbeerlike deel van my en my gesin se lewe.

Jesus het sy Engel kom haal. Ons gaan jou mis. Martha laat ʼn baie groot leemte in ons almal se lewens.

“ʼn Baie spesiale dankie aan dr Hester Stander en die personeel van Mediclinic Lephalale vir hulle versorging en omgee. Hulle is ongelooflik.”

— Marietjie Reinecke
Martha sal deur die gemeenskap onthou word as werker by die Lephalale Munisipaliteit waar sy amper 15 jaar gewerk het. Sy was op ʼn stadium by die skakelbord, het administratiewe werk gedoen en later by die rekord-afdeling gewerk. Sy was nooit getroud nie en het geen kinders gehad nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.