Masker en Verebal

 Lizette en Anemie, in samewerking met hul helpers, kan hulself op die skouer klop vir ‘n bal so uit die boeke!
Lizette en Anemie, in samewerking met hul helpers, kan hulself op die skouer klop vir ‘n bal so uit die boeke!

LEPHALALE – NG Kerk Ellisras-Wes het op 26 April ‘n flambojante Masker en Verebal ten bate van Abraham Kriel se Matoppie-huis gehou.
Anemie Breedt en Lizette Perrier wat baie nou by die Matoppiehuis in Modimolle betrokke is, het besluit om ‘n plan te maak om fondse in te samel om elf dogtertjies se lewens makliker te maak. Die bal was ‘n reuse sukses en ds. Jannie Hamman sê dat die kerk bevoorreg is om mense in die gemeente en gemeenskap te hê wat ‘n daadwerklike verskil in kinders se lewens maak.
Nog foto’s is beskikbaar op Mogol Pos se Facebookbladsy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.