Massapatrollie vir buurtwagte

AfriForum se Ellisras-, Nylstroom-, Warmbad-, Tzaneen-, Matlabas- en Marble Hall-buurtwag het op 8 Maart 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verhoog.

Ellisras-buurtwag hou patrollie saam met die Lephalale SAPD

Dié patrollie, wat in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitgevoer is, het deel van AfriForum se nasionale patrollie gevorm.

Die patrollie het omstreeks 16:00 begin en tot 9 Maart om 06:00 voortgeduur. Altesaam 348 patrolleerders het 7 472 km in 182 voertuie in oor 629 man-ure afgelê. Die buurtwagte het hulp verleen met 34 voorvalle wat tydens die patrollie plaasgevind het. Die Ellisras-buurtwag het ook in samewerking met die polisie aan ’n padblokkade deelgeneem.

“Die Limpopo-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.