Mathys Roets vermaak

Mathys-Roets

VAALWATER — Bekende kunstenaar Mathys Roets het Saterdagoggend 13 Februarie by die NG Kerk Vaalwater voor meer as 100 mense opgetree waartydens hy ook staaltjies uit sy lewensreis met die gehoor gedeel het.
Die oorspronklike idee om Mathys te nooi was dié van Adel Oosthuizen, wat ook die hooforganiseerder was. Sy kon egter weens ‘n persoonlike krisis nie die geleentheid self bywoon nie, het Trudie de Beer, seremoniemeester, verduidelik. De Beer het ds. Johan Bosman, leraar van die NG Kerk Vaalwater, hartlik geluk gewens met sy verjaarsdag op 11 Februarie.
“Dit is altyd vir my lekker om in die bosveld op te tree en te kuier en ek hoop almal gaan die oggend saam met my geniet,” het Mathys Roets gesê voordat hy begin sing het.
“Baie dankie aan ieder en elk wat gehelp het om hierdie dag moontlik te maak en wat so hard gewerk het. Baie dankie ook aan gemeentelede en lede van ander gemeentes wat die dag saam met ons kon meemaak,” het De Beer afgesluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.