Matrieks se mooiste aand

MANY more pictures are available on the Mogol Post Facebook page!
MANY more pictures are available on the Mogol Post Facebook page!

Leoni Kruger
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se matriekafskeidsfunksie is Vrydag 30 September by Pioneer Lodge net buite Lephalale gehou. Die jaarlikse matriekopkoms waartydens elke matriekleerder sy of haar spesiale uitrusting op ‘n rooi tapyt aan die res van die gemeenskap kan vertoon, is altyd baie gewild.
Vanjaar was geen uitsondering nie en die pawiljoene by die skool se rugbyveld was gepak met ouers, grootouers, familie en sommer net nuuskieriges wat wou sien watter lieflike skeppings vanjaar die voortou neem.
Die eregaste van die aand het ewe statig met die blinkste en duurste (en sommige oues en oulikes) voertuie opgedaag. Die hele area rondom Pioneer Lodge se restaurant was die ene Arabiese nagte. Betowerend mooi.
Dit was vir seker ‘n aand wat deur almal onthou sal word – stylvol, romanties met die grootmenslewe wat wink!
2016 se matrieks bedank almal wat betrokke was by die organisasie en beplanning van ‘n besondere aand. Baie dankie ook vir die blink gedagte om verkeersbeamptes te reël om die kinders na Pioneer Lodge te vergesel na afloop van die opkoms.
Mogol Pos wens alle 2016-matrieks sterkte toe met die eindeksamen
— mag daar ‘n blink toekoms op elkeen van julle wag!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.