Meesters van oud-EHS-leerders

Franciska Buys (née de Beer)

LEPHALALE — Drie oud-leerders van Hoërskool Ellisras het onlangs hulle meestersgrade by die Noord-Wes Universiteit (NWU) ontvang.

Sarika du Plessis

Sarika du Plessis verwerf haar meestersgraad in Farmaseutika en die titel van haar verhandeling is: “The effects of selected supplements on drug intestinal epithelial permeation”.

William Shaw

Haar studieleiers was professors JD Steyn en JH Hamman. Sarika is ook tans besig met haar jaar internskap.

William Shaw verwerf sy meestersgraad in Meganiese Ingenieurswese. Die titel van sy verhandeling is: “Analysing mine energy management considering utility demand.”  

Sy studieleier was dr JH Marais. William werk tans in Pretoria by ETA Operations.

Franciska Buys (née de Beer) verwerf haar meestersgraad in Farmaseutiese Chemie met lof. Die titel van haar verhandeling is: “Evaluation of selected dye compounds as inhibitors of monoamine oxidase”.

Haar studieleiers was professors A Petzer en JP Petzer. Franciska is tans in Pretoria besig met haar jaar internskap.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.