Mej Bosveld 2017

Tweede prinses Vicky-Lee Armstrong, Mej Bosveld 2017 Nerine Schutte en eerste prinses Carre-Lee Armstrong

LEPHALALE — Die Bosveldbal 2017 is Vrydagaand 7 Julie oudergewoonte in die Mogolklub funksiesaal gehou en 12 finaliste en hulle gaste, borge en beoordelaars het met groot verwagting uitgesien na ‘n luisterryke aand. Die Bosveldbal word jaarliks die week voor die Bosveldfees gehou waartydens Mej Bosveld en haar twee prinsesse aangewys word.
Die geleentheid het afgeskop met ‘n verwelkoming deur Johan Koekemoer, voorsitter van die Bosveldfeeskomitee en Lenie Pieterse, organiseerder van die Bosveldbal.
Die beoordelaars is aan die gaste voorgestel en die finaliste het hul temadrag vertoon. Vanjaar se tema was “Back in time”.
Die finaliste moes nog twee rondes stap – een daarvan met wintersdrag en die finale ronde met hul balrokke.
Verskeie pryse, wat deel was van die fondsinsamelingsprojek vir die SAVF Maroela-Oord is tydens die geleentheid uitgedeel. Die totale bedrag wat deur die finaliste ingesamel is, is R60 000.
Aloe Day Spa wat die geleentheid geborg het, het ‘n R1 000 geskenkbewys aan ‘n gelukkige gas oorhandig.
Spesiale toekennings het gegaan aan Mej Bosveld Ambassadeur – Annalize Nortje, Mej Gehoorkeuse – Nerine Schutte, Mej Fotogenies – Elindi Bezuidenhout, Besgeklede dame – Nerine Schutte, Mej Persoonlikheid – Elindi Bezuidenhout, Mej Debutante – Anebe Oelofse (Anebe het meer as R20 000 vir Maroela-Oord ingesamel).
Henriette Kotze is aangewys as Mej Bosveldnooi, Vicky-Lee Armstrong word aangewys as tweede prinses en haar suster, Carre-Lee Armstrong as eerste prinses.
Nerine Schutte van Pretoria is uiteindelik aangewys as Mej Bosveld 2017.
Die gewilde PJ Cruze het deurgaans as seremoniemeester en gaskunstenaar opgetree.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.