Mej Bosveld

Mej-Bosveld-EDT

LEPHALALE — Vanjaar se Bosveldbal, die jaarlikse geleentheid waarna almal uitsien, is Vrydagaand 1 Julie by die Mogol Funksiesaal gehou.
Johan Koekemoer, die nuwe voorsitter van die bosveldfeeskomitee is deur Lenie Pieterse, organiseerder van die Mej Bosveld-kompetisie, verwelkom, waarna Marie Seegers, die vorige voorsitter, die geleentheid amptelik geopen het. Sy het gesê dat hulle met die beplanning van 2016 se Bosveldfees meer “up’s” as “downs” gehad het, ten spyte van ‘n skommeling en verandering in die komitee. Sy het Elize en Lenie Pieterse, die organiseerders van die Mej. Bosveld-kompetisie bedank vir wat hulle alles doen en reël om te verseker dat menige meisies se drome waar word. Sy het ook haar ondersteuning as beskermvrou van die Bosveldfees verseker.
“Sukses is om eerlik te wees, om by te dra, jou passie te volg en om eerlik teenoor jouself te bly” het sy afgesluit. En daarmee saam is die Bosveldfees 2016 amptelik geopen.
Die hoogtepunt van die aand was die kroning van Mej Bosveld (asook Mej Gehoorkeuse) Malinda du Plessis en haar twee prinsesse, Zheree Havenga (tweede prinses) en Talitha Bothma (eerste prinses).
Sien bladsy 18 vir nog foto’s van die ander finaliste.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.