Mej Rassie bederf seniors

LEPHALALE — Elanza Oosthuizen, Mej Rassie 2018, wou graag ʼn Kersprojek namens Laerskool Ellisras loods en sy het die SAVF Maroela-oord se inwoners gekies vir haar projek.

V.l.n.r.: Ané Besseling, Elanza Oosthuizen, Denzil Sadler, Elané Erasmus saam met tannie Meisie Fynaut (voor)

Elanza het geld by die skool ingesamel deur lootjies aan leerders te verkoop waar hulle moes raai hoeveel lekkers in houers was.

Die geld wat sy ingesamel het is aangewend om bederfpakkies vir die senior burgers op te maak.

Denzil Sadler, Ane Besseling en Elane Erasmus het haar gehelp om dit uit te deel.

Elanza bedank Gerda Herbst, Natasha Bredenkamp, Ouma Mariaan Oosthuizen en elke leerder wat aan die projek deelgeneem het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.