“Met dié kar gaan ek nog …”

LEPHALALE — Clauddine Booysen (18) het nooit gedroom haar woorde gaan waar word toe sy as 5-jarige dogtertjie gesê het sy gaan nog eendag met die Honda Prelude matriekafskeid toe nie.

Ludi Naudé, trotse eienaar van die Prelude, sê hy het dié einste kar vir die eerste keer gesien toe hy in die hoërskool was. In 1997 het hy ’n deposito van R5 daarop betaal, maar dit is eers baie lank daarna wat hy dié pragmotor sy eie kon noem.

Die vorige eienaar wou die Prelude destyds op ’n veiling verkoop, toe sê dié se vrou blykbaar Ludi moet dit kry. Dit was in 2004. Clauddine is in 2006 met die kar na haar graad RR-“gradeplegtigheid” en daar het sy gesê: “ek gaan nog met dié kar na my matriekafskeid en dit gaan eendag my troukar wees”.

En Vrydagaand 28 September het haar woorde waar geword toe sy met die Prelude by Hoërskool Ellisras se matriekafskeid opdaag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.