Mnr en Mej Rassie gekroon

V.l.n.r.: Elouise Barkhuizen, Martin Mynhardt, JP van Staden, Albert du Plessis, Enzo Mynhardt, Mareli van Schalkwyk, Charlize du Plessis, Jolene Vermaak, Nicole Nel, Gontse Matong en Dimakatso Thulare. Afwesig op die foto: Amoré Bronkhorst, Divan Geldenhuys en Carmen Janse van Rensburg

LEPHALALE — Die matriekleerders en ouers van Hoërskool Ellisras het Donderdagaand 25 Julie vanaf 18:00 ʼn luisterryke geleentheid aangebied waar Mnr en Mej Junior en Senior Rassie 2019
aangewys is.

Dié vindingryke idee, en ʼn eerste vir die skool, was gehou ter aanvulling van die matriekafskeidfonds.

Ig Erasmus, oudleerder van die skool, het saam met die oulike Nathalie Perrier en Leandri van Deventer as seremoniemeester en aankondiger opgetree.

Die jonge dames en here het soos regte modelle op die loopplank geparadeer en meegeding om verskeie spogtitels. Om rugbyspelers só vol selfvertroue as modelle te sien met spoguitrustings (en vere) was verrassend verfrissend.

Die volgende leerders het krone ontvang:
Elouise Barkhuizen is gekroon as Mej Sr Fotogenies, Amoré Bronkhorst as Mej Jr Fotogenies, Dimakatso Thulare as Mej Matriek, Divan Geldenhuys as Mnr Matriek, Martin Mynhardt as Mnr Jr Rassie eerste prins, Albert du Plessis as Mnr Jr Rassiewenner, JP van Staden as Mnr Sr Rassie eerste prins, Enzo Mynhardt as Mnr Sr Rassiewenner, Jolene Vermaak as Mej Sr Rassie tweede prinses, Gontse Matong as Mej Sr Rassie eerste prinses, Mareli van Schalkwyk as Mej Sr Rassiewenner, Carmen Janse van Rensburg as Mej Jr Rassie tweede prinses, Nicole Nel Mej Jr Rassie eerste prinses en Charlize du Plessis (Mej Jr Rassiewenner).

Na afloop van al die afwagting om te hoor wie die wenners was, het die gaste heerlik gekuier om tafels wat gekreun het onder kaas, biltong en vele meer.
    

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.