LEPHALALE — Die langverwagte “Mud Run”-uitdaging wat Saterdag 10 Maart by The Junction se grond gehou is, het nie net baie moeë en seer lywe tot gevolg gehad nie, maar uithou, aanhou en spanbou was oral sigbaar.
Die individuele inskrywings was eerste aan die beurt waarna spanne wat teen mekaar gekompeteer het daarna die moordende hindernisbaan en moddergate aangedurf het.
Met spanname soos “Why not” en “Fud Muckers” is dit duidelik dat die pret en kompetisie kop-aan-kop was.
Wenners in die onderskeie kategorieë was Mud Hunter (tydwenners), Lourens was die tienerwenner, Donovan van der Linde was die individuele wenner, die Hot Mud Beez Neez was die besgeklede span en die Muddy Winers was die span met die beste spangees.