Moedersdagbederf

LEPHALALE – Moedersdag is om die draai en Lephalale Square bied aan skoolkinders tussen die ouderdomme van 5 tot 12 jaar oud die wonderlike geleentheid om saam met sy/haar ma aan hul Alice in Wonderland teetafel te gaan aansit vir GRATIS tee en koek. Wat ‘n lekker bederf en goeie gebaar!
Die geleentheid word Saterdag 7 Mei vanaf 09:00 tot 14:00 by die Lephalale Square aangebied en daar sal speletjies, ‘n “photo booth”, uitstallers en baie meer wees om te geniet.
Annemarie Maloney, sentrumbestuurder, sê dat hulle ook ‘n inkleurkompetisie aanbied, maar vestig kinders se aandag daarop om so gou moontlik die inkleurprent by PNA te gaan afhaal, in te kleur en op 7 Mei weer by PNA in te handig.
Lephalale Square nooi die hele gemeenskap om te gaan deel in hulle pret.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.