Moenie bang wees nie

Na afloop van die erediens …

Ria Wells
LEPHALALE — Die Knight Watchmen Biker’s Club van Lephalale het ‘n erediens gereël wat Sondagoggend by die Mogolklub se sportgronde plaasgevind het.
Organiseerders Sonja en Derick Maile sê dat die fietsryers mekaar altyd net by fietsrysamekomste raakloop en het gesê dat dit ‘n behoefte van die hart was om ‘n erediens te reël.
Pastoor Andre de Beer van Nylstroom, senior pastoor van Bikers in Christ, het die erediens waargeneem terwyl Sonette Gouws, bekende sangeres in fietsrykringe, van Heanertsburg voorgegaan het in samesang. Pastoor Andre se boodskap was uit Jesaja 3 met die hooftema: Moenie bang wees nie. Hy het verwys na die toestand waarin die land en selfs die wêreld hom tans bevind en gesê dat te midde van alle omstandighede mense niks moet vrees nie, maar vir God alleen. Hy het ook gesê dat dié byeenkoms nie toevallig is nie, maar dat God ook ‘n plan vir Lephalale se fietsryers het. Pastoor Andre, self ‘n fietsryer het voorts beklemtoon dat fietsryers gewone mense sonder pretensie is wat ook ‘n behoefte aan God en Sy heilsplan het, maar dikwels verkeerd beoordeel word.
Mense van oraloor het die erediens bygewoon. Na die afsluiting het almal na The Junction vertrek om saam ‘n middagmaal te geniet.
Die Knight Watchmen Biker’s Club bedank almal wat dié besondere geleentheid moontlik gemaak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.