“Moenie reg in eie hande neem”

MODIMOLLE — Majoor-generaal Jan Scheepers, adjunk-provinsiale kommissaris van die SAPD en ander rolspelers was Donderdag 22 Oktober aan die woord by Castle de Wildt buite Modimolle.

Buurtwaglede, lede van die Heritage Protection Group (HPG), die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), boere, die polisie en ander rolspelers in die veiligheidsbedryf het die vergadering bygewoon.

Die kernboodskap van dié inligtingsvergadering was dat die publiek en die polisie moet saamwerk in die stryd teen misdaad, veral in landelike gebiede en op plase.

Hy het beklemtoon dat niemand verhewe is bo die wet nie en dat niemand die reg in eie hande kan neem nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.