Mogol Pos op drempel van 26ste jaargang

Met hierdie uitgawe voltooi Mogol Pos ons 25ste bestaansjaar. Met volgende week se koerant gaan ons die 26ste jaargang in.

Die heel eerste Mogol Pos van 16 Februarie 1996 het op die voorblad ʼn waterstorie gedra, en ons sluit ook die eerste 25-jaar af met heelwat waterberigte en vloedskade.

Ons bedank elke adverteerder en leser vir jarelange ondersteuning. ʼn Gemeenskapskoerant bly die spreekbuis wat namens inwoners inligting inwin en probleme uitlig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.