
LEPHALALE — Spelers van Mogol-ringbalklub wat Limpopo-kleure verwerf het, is Corna van Deventer (meester dames A), Herman Lombard (seuns o. 11A), Lizani Lombard (dogters o. 11A), Simoné Lombard (dogters o. 13A, Daney Potgieter (dogters o. 17A), Driaan Erasmus (mans senior A-span en kaptein), Annetjie Kruger (dames meester A-span).
Die RSA-toernooi word van 24-29 Junie in Pretoria gehou en dié spelers sê hulle is gereed daarvoor.

Vleis en voor: Willem en Apie
Die mans van Mogol-ringbal wat deurgedring het na die Wêreldklubkampioenskappe is Tom, Zander, Johan, Jaco, Quintin, Driaan, Vleis, Willem en Apie.
Mogolringbal se mans het vanjaar al hulle wedstryde gewen en word daarom gekroon as die beste klub in Limpopo.
Dié kampioenskappe word Saterdag 25 Mei in Sasolburg gehou.