Mogolklub bou momentum

Thys Smith en sy mede gevegskunslede
Thys Smith en sy mede gevegskunslede

Ria Wells
LEPHALALE — Mogolklub het verlede Vrydag, 8 April, ‘n geslaagde “Membership Drive” in die Lephalale Mall aangebied met die doel om al die opwindende sportsoorte wat die klub bied aan die gemeenskap bekend te stel.
Bykans al die sportsubseksies het uitgestal en die gevegskunsdemonstrasie met Thys Smith aan die stuur en tae-kwondo karatedemonstrasie met voorsitter Beck Bekombe, het veral baie belangstelling uitgelok. Daar kon selfs ‘n paar balle gerol word en Marthie Liebenberg van die rolbalsubseksie het die mense bygestaan met raad en aan hulle vertel watter lekker gesinsport rolbal is.
Verbygangers het kort-kort die spinning-fietse beproef en Hardus van Zyl van die stoeisubseksie het skyfievertonings aangebied terwyl Chris Loretz en JJ van Zyl die pluimbalsubseksie gepromoveer het. Die administratiewe personeel het pamflette met handige inligting rakende die Mogolklub uitgedeel.
Is jy ‘n sportliefhebber? Mogolklub bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan, naamlik atletiek, boogskiet, gholf, hengel, ringbal, krieket, marathon, muurbal, pluimbal, netbal, perdry, skyfskiet, rolbal, rugby, sokker, stoei, tennis, rotsklim, swem, Shukokai en Tae-Kwondo karate en natuurlik die gimnasium. Beslis iets vir elkeen se smaak.
Kontak die klub vandag nog by 014 763 2427 vir meer inligting. Nog foto’s verskyn op Mogol Pos se Facebook-bladsy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.