Mogolnetbal gradeer skeidsregters

LEPHALALE — Mogol-netbalklub het onlangs die voorreg gehad om Victor Seakamela van Exxaro by hulle te hê om te help met die skeidsregtersgradering.

Victor with the ladies from Mogol Netball Club

Die klub het agt vlak-1-skeidsregters bygekry wat die nodige eksamen afgelê het en twee skeidsregters wat onderskeidelik vlak-twee- en vlak-3-eksamens geskryf het.

Sowat 18 skeidsregters het gegradeer en twee mans het vir die eerste keer by die groep aangesluit en uitstekend gevaar.

Die klublede en spelers bedank Exxaro en in besonder vir Batsetsana wat hulle bygestaan het asook vir Neels Gerber, algemene bestuurder: Mogolklub, en sy personeel vir hulle vriendelike hulp met die fasiliteite.

Enigiemand wat belangstel om Mogol netbalklub aan te sluit kan Monique skakel by 083 452 4213. Daar word Woensdae vanaf 17:30 geoefen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.