Mogolrugby kraai koning

LEPHALALE — Mogolklub se eerste rugbyspan het Saterdag 1 Junie hulle wedstryd teen Loskop met ʼn telling van 12-10 gewen.

Drieë is gedruk deur Dewal Luus en Albert Schoeman. Die kaptein, Johan Ross en afrigter, Jurg van Heerden is baie trots op die span en sê hulle is vanjaar reg vir groot dinge.

Mogol se tweede span het hulle wedstryd ook gewen met ʼn telling van 37-21. Kaptein Freddie Welman is ewe trots.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.