Mogolrugby skop seisoen af

LEPHALALE — Mogolrugby se seisoen het Saterdag 29 Februarie afgeskop met ’n vriendskaplike wedstryd teen verlede jaar se Presidentbekerkampioene, Bronkhorstspruit. Mogol was eerste op die telbord en hulle was teen rustyd steeds voor, maar die President-kampioene het in rat gespring en die wedstryd gewen met ’n telling van 38-22.

Kaptein Corneil Fourie van Mogol slaag in drie van sy vier skoppe pale toe en drieë is gedruk deur Johan Ross (1) en Divan Geldenhuys (2). Divan was ook aangewys as die Man van die Wedstryd.

Afrigter Johan Ross sê hy is baie opgewonde oor die seisoen en hy is positief oor hulle eerste wedstryduitslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.