Mokolodamvlak

Op 3 Februarie was die Mokolodam slegs 49.75% vol. ʼn Bekommernis op daardie stadium aangesien die wintermaande voorlê.

Binne dae het die situasie dramaties verander na hewige reën in die opvangsgebied en was die dam op Dinsdag 93.62% vol. Oewerboere het reeds hul pompe verwyder en daar is bespiegel dat sluise oopgemaak gaan word, maar Mogol Pos kon nie bevestiging hieroor kry nie.

Dinsdag is bevestig dat die sluise van die Hartbeespoortdam oopgemaak is. Indien sluise by die Hartbeespoortdam oopgemaak word en die Limpopo, Mogol en Palala gelyk in vloed is, beïnvloed dit Limpopo en ander kant van die grens vir Botswana en Zimbabwe asook Mosambiek waar die Limpopo in die see vloei.

Die Limpopo is die tweede langste rivier in Afrika en ook een van die magtigstes. Baie groot riviere vloei in die Limpopo ingesluit die Mogol en Palala. En Lephalale-area word direk deur al drie hierdie riviere geraak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.