Monique gee om

LEPHALALE — Monique Kotze, ‘n finalis vir Mej Bosveld 2017, het die senior burgers van SAVF Maroela-Oord verlede week verras met geskenke en ‘n groot hoeveelheid vleis.
Die vleis, ‘n hele koedoekarkas, is geskenk deur ‘n wildsplaas en ‘n plaaslike slaghuis het die vleis verwerk. Dié ruim skenking is met groot dankbaarheid aanvaar deur Maroela-Oord se inwoners en personeel.
Monique bedank almal wat haar, deur middel van skenkings, help om ‘n verskil te maak in die lewens van Maroela-Oord se inwoners. Sy sê sy is keer op keer diep geraak daardeur dat daar steeds soveel mense is met liefdevolle harte wat omgee vir hul medemens.
“Julle is almal wonderlik” sê Monique.
Mej Bosveld 2017 word Vrydagaand 7 Julie tydens die Bosveldbal aangewys.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.