Monique gee om

Pierre Malherbe van One Stop Fruit saam met Monique

LEPHALALE — Monique Kotze, ‘n graad 11-leerder van Brainline, is onlangs gekies as ‘n finalis vir die Mej Bosveld 2017-kompetisie.
Een van die take van die finaliste is om fondse of goedere in te samel ten bate van die SAVF Maroela-Oord of die plaaslike DBV.
Monique sê senior burgers lê haar nog altyd baie na aan die hart en daarom het sy besluit om alles te doen wat sy kan om fondse en goedere vir die inwoners van Maroela-Oord in te samel.
Sy sê die gemeenskap en besighede het haar verstom met hulle goedhartigheid en onvoorwaardelike hulp. Die bydraes (geldelik sowel as ander) het behoorlik ingestroom en alhoewel sy nog lank nie klaar is met haar projek nie, wil sy solank almal bedank wat haar so vriendelik gehelp het.
Buiten ‘n stewige bedrag kontant is ook hope vars en nie-bederfbare produkte ingesamel.
“Dis soms so maklik om dankie te sê sonder om dit regtig te bedoel, maar vir mense so spesiaal soos julle, met harte van goud – ‘n duisend dankies opreg en uit die hart” sê Monique.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.