Monster in Mokolo

LEPHALALE — Vir die mense wat nog steeds nie glo daar is karp in die Mokolodam nie is daar nuus!

Gerhard met die yslike karp wat hy in die Mokolodam gevang het

June en Danie van Wyk het die naweek by Mokolodam gaan kamp saam met ou vriende. Saterdagmiddag kom Gerhard van Emmemis toe met die monster karp van 18 kg aan wal. Hy het die maatjie ook gehaak maar dié het losgekom. Hy sê dat as enigiemand vir hom sê hy het karp met ‘n erdwurm gevang, sou hy dit nie geglo het nie en hier gebeur dit met hom. Hy wou eintlik kurpers vang toe die karp hulle voorspring.

Hulle het wel ‘n paar mooi groot kurpers asook moddervis gevang.

June sê dat die ander wat op soek was na groot swartbaars maar droëbek moes kyk na Gerhard se pragtige vangs. Maar die kuier en ontspanning was bobaas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.