LEPHALALE — Die Emsliegroep, met besighede Tamboti Toyota, Matopi Ford, Mogol Motors & Agri en Puma Brandstof, het vanaf 2 – 7 Julie vir die vierde jaar hul Wielefees aangebied. Dié feesuitstalling is gerieflik geleë in OR Tamborylaan en al vier besighede is bymekaar.

Volgens Don Emslie, mede-eienaar, is hulle baie tevrede met besoekers aan hulle uitstalling en die belangstelling vanaf die publiek se kant in hul produkte – ten spyte van hierdie jaar se koue. Soos elke jaar is daar ook gesellig verkeer en goed gesorg vir die innerlike.