Motoriste sê dankie

LEPHALALE — Werkers het Vrydag 9 Oktober herstelwerk gedoen aan die verkeerslig op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Wellsstraat.

Dié verkeerslig was etlike weke buite werking na ’n voertuigbotsing en motoriste moes dit as ’n vierrigtingstop hanteer.

Mogol Pos het 18 September vanjaar hieroor berig en die munisipale woordvoerder het laat weet dat hulle wag vir materiaal wat hulle benodig om die herstelwerk te doen.

Hierdie kruising is op die hoofroete tussen Lephalale en Onverwacht. Verskeie ingange en swaar verkeer beïnvloed verkeersvloei. Yskorweg, Parkstraat, Lephalale Square se een ingang, ʼn brandstofrybaan en verkeer vanaf Jan Leestraat kom hier bymekaar en dit dra boonop hoë taxi- en busverkeer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.