MP en Cecilia kuier saam

LEPHALALE — Mogol Pos het Vrydag 14 September ʼn geslaagde Ope Boekedag aangebied met ons spesiale gas en skrywer, Cecilia Nortje Slykhuis.

Kopers van haar nuut gepubliseerde omnibus, Nuwe Drome met drie Romanzas in een, is elkeen met ʼn getekende kopie deur haar huis toe. Die gevoel van die gaste was dat dié opedag baie meer gereeld moet plaasvind. Mogol Pos nooi die gemeenskap om gerus ʼn draai by die kantore in Ströhstraat te maak vir ʼn verskeidenheid boeke – van kos-– tot kinderboeke teen besondere lae pryse.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.