Munro-kuns by EHS

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Dinsdag 23 April ʼn Talentaand aangebied en Donderdag 25 April bied hulle ʼn Kunsdinee aan. Skilderye van ʼn oudleerder, Munro, sal tydens die twee aande uitgestal word. Hy het ook ʼn skildery aan die skool geskenk.

Te koop vir R58 000

Die leerders wat Verbruikerstudie as vak het gaan al die kos (ʼn driegangmaal) vir die Kunsdinee op 25 April maak.

Geskenk aan die skool

Munro sê kuns was in daardie jare nie eers as ʼn beroep beskou nie en net die vreemdste, die linksste en liberaalste van die linkerbreiners het dit as ʼn opsie oorweeg.

Hy het eers Teologie en later kuns studeer aan die destydse PU vir CHO (nou Noordwes Universiteit) en alhoewel hy nie sy studies in Teologie voltooi het nie, het hy steeds ʼn intieme verhouding met sy Skepper. Sy verhouding met die Here is sy dryfveer, passie en sy rigting.

Hy het in 1998 ʼn voltydse skilder geword. Sy werk is oorspronklik en hy vind voortdurend nuwe tegnieke om sy kuns te vergestalt soos die boutoerusting wat hy gebruik vir nuwe verftegnieke. Vir hom is kuns ʼn instrument van bevryding.

Hy is van mening dat “as mens vashaak by onvergewensgesindheid, is jou hele lewe moeiliker en bring dit wrang vrugte voort waaraan mens lank eet”. Sy raad aan almal is: “laat hulle wat wil jaag, verbygaan, wag vir die wat stadiger is en maak die tenke wat leeg is vol uit jou eie tenk.”

Tot op hede is daar reeds 12 000 oorspronklike Munro-skilderye verkoop.

Beide Munro en sy vrou, Janine, het in 1985 aan die Hoërskool Ellisras gematrikuleer. Hulle is “high school sweethearts”.

anine se pa, Jan Engelbrecht, was die dorp se veearts.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.