“My kind is ’n Springbok”

Annelie en RG

LEPHALALE — Annelie Botha Snyman het in 1988 aan die Hoërskool Ellisras gematrikuleer en het na matriek in Ellisras aangebly (in Onverwacht). Haar eerste werk was by Nedbank en sy is ook hier getroud.

Sy het nooit gedink haar seun gaan eendag ʼn Springbokrugbyspeler wees nie. Hy is die 24-jarige RG Snyman. Die volle 2,07 meter van hom.

Die gesin het in 1991 na Potchefstroom verhuis en RG is daar gebore. Hy bring sy laerskooljare deur by Laerskool Hennopspark en matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies).
 Hy maak sy debuut vir die Springbokspan op 9 Junie 2018.

Annelie sê dit was vir hulle ʼn geweldige groot oomblik in hulle lewe toe RG vir die Springbokspan gekies word. Met sy heel eerste wedstryd was die hele familie langs die kantlyn om hom te ondersteun.

“Ek is met elke wedstryd wat hy speel baie gespanne, want mens is altyd bang vir beserings. Die grootste skrik sover was toe hy ʼn duik in sy skedel gekry het tydens die 2016-Currie Beker-halfeindstryd. Daar is ʼn plaat in sy voorkop geplaas waar die skedel ingeduik het,” vertel Annelie.
Haar boodskap aan ouers wie se kind potensiaal toon om professioneel rugby te speel is is om die kind te volle te ondersteun, want dit is baie harde werk, toewyding en opofferings (byvoorbeeld maats wat Vrydae en vakansies partytjie hou en hy moet oefen. “Moenie ekstra druk op jou kind plaas nie, daar is reeds té veel druk uit alle ander oorde. Hy moet weet hy is veilig by jou en kan net kind wees by die huis,” sê sy.

RG is tans gekontrakteur deur Honda Heat in Japan en hy gaan volgende jaar vir hulle speel. Hy het reeds verlede jaar vir hulle begin speel – ses maande in Japan en ses maande in Suid-Afrika

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.