‘n Baie goeie daad

Piet Sekakana het uit sy pad uit gegaan om Steve se beursie vir hom terug te gee
Piet Sekakana het uit sy pad uit gegaan om Steve se beursie vir hom terug te gee

Leoni Kruger
LEPHALALE — Steve Geldenhuys sê hy het Vrydag 10 Junie sy geloof in die mensdom teruggekry toe ‘n vreemde man uit sy pad uit gegaan het om Steve se beursie aan hom terug te besorg.
“Ons is besig om te bou by ons huis en ek het met een van die bouers gepraat en waarskynlik ingedagte my beursie op my voertuig se buffer neergesit. Ek was haastig, want ek moes na Matimba toe gaan vir ‘n induksie en moes iemand gaan oplaai. Ek het die ou opgelaai, omgedraai en Matimba toe gery. Toe ek ‘n uur later klaar is met die induksie, toe staan dié man by my voertuig met my beursie in sy hand” sê Steve. Die held in die verhaal se naam is Piet Sekakana.
Volgens Steve het Piet vertel dat hy die beursie by die sekuriteitshek by Matimba opgetel het. Hy het Steve se “SPAR Loyalty Card” uitgehaal en al die pad na die SPAR in Onverwacht gery om vas te stel aan wie die beursie behoort. Hy is toe terug Matimba toe met die beursie en het daar vir Steve gewag om dit vir hom terug te gee.
Soos Steve tereg opgemerk het “Piet Sekakana van Roshcon Medupi, die wêreld sal ‘n baie beter plek wees met meer mense soos jy”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.