‘n Dubbele seën

Luzaan van Rooyen met haar tweeling Melissa (links) en Lezanie (regs)

Leoni Kruger
LEPHALALE — Luzaan van Rooyen (24) glimlag van oor tot oor. Die rede is twee pienk bondeltjies in haar arms. Willem en Luzaan se Melissa en Lezanie.
Dié twee poppies in haar arms is onverwags op 17 November 2016 gebore, nadat hulle verwagte geboortedatum eintlik eers 17 Januarie 2017 was!
Melissa is eerste gebore en het 1.3 kg geweeg. Lezanie het 1.5 kg geweeg.
Hulle is op 24 Desember uit die hospitaal ontslaan en Luzaan sê sy kon nie wag om hulle huis toe te bring nie. Behalwe vir ‘n bietjie maagkrampe is die twee haastige dames gesond en groei hulle nou baie vinnig.
‘n Dubbele seën…

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.