‘n Engel op aarde …

Pieter du Toit was ‘n engel op aarde. Die voorbeeld en erfenis, en ek praat nie van geld nie, wat hy vir sy familie en vriende nalaat kan nie in woorde beskryf word nie.
Begaan oor sy medemens. Hy het siek mense in die stad en siekes by hul huise gaan besoek. Almal gebel. Nie ‘n begrafnis van ‘n bekende gemis nie. ‘n Man van sy woord want sy woord was sy eer. Niks was ooit vir hom te veel of te swaar nie – nie vir oud of jonk nie, want hy het met sy hart na mense gekyk en sy lewenspad suiwer geloop.
Pieter het my basies elke oggend – net soos vir baie ander – gebel en gevra: “Is jy wakker?” Ek is dankbaar dat hy my lewenspad gekruis het, sommer van kleintyd af en ek hom ‘n ware vriend kon noem. Iemand wat wanneer ek hulp gevra het nie eers daaroor moes gaan dink het nie, maar dadelik gereageer het met ‘n helpende hand. Sy gee was hier en nou en dadelik en deel van sy bestaan. Iemand wat deur die Here geseën is sodat hy weer op sy beurt tot seën vir sy medemens kon wees.
Daar was net een Pieter du Toit en ek glo dat baie mense met my sal saamstem dat hy ‘n groot leemte in baie se lewens sal laat. Rus in vrede oom Pieter. Ons gaan jou baie mis!

— Cobus van Biljon

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.