ʼn Gunstige dag vir Afguns

LEPHALALE — Die Afguns-familiedag wat Sondag 28 Oktober by The Junction gehou is, was ʼn reuse sukses. Sowat 400 lede van die Afgunsgemeenskap het dit bygewoon en aan aktiwiteite was daar nie te kort nie. Skyfskiet, gholfkompetisies, springkastele, glybane en boeresport het verseker dat daar iets vir elke smaak was.

Die voorsitter van die Afgunswyk, Robert Skinner en ondervoorsitter Constant Seegers het die blink idee gekry om ʼn familiedag te reël gekry om die Afgunsgemeenskap se betrokkenheid by mekaar te verbeter met die einddoel om veiligheid in die gemeenskap op te skerp.

Volgens Robert was die geleentheid ʼn groot sukses en hulle is baie tevrede met die aantal mense wat dit bygewoon het. Hulle beplan om dit ʼn jaarlikse geleentheid te maak.

Gemeenskapslede het skape en varke geskenk om op die spit te braai en die vrouens het slaaie gemaak.

ʼn Dag van heerlike samesyn.

Robert bedank Marleen en Lukas Venter van The Junction vir hulle hulp en die gebruik van hulle perseel. Hulle bedank ook ieder en elk vir hulle ondersteuning en almal wat ʼn bydrae gemaak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.