‘n Oue val

DSCF3572

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die eerste en dus ook die oudste verkeerslig in Lephalale is verlede week deur werkers van Lephalale Munisipaliteit verwyder aangesien die verkeerslig by die hoofingang van die skool dié een vervang.
Dié verkeerslig was in die tagtigerjare opgerig nadat die ontwikkelings by Matimba begin het en die verkeer drasties toegeneem het. Die voetoorgang by Laerskool Ellisras en die skoliere-patrollie was nie meer voldoende om die kinders se veiligheid te verseker nie.
Volgens Tienie Loots, wat in 1986 by die destydse stadsraad as hoof van die elektriese afdeling begin werk het, is die verkeerslig in daardie jaar opgerig. Stads- en Streekbeplanner Dries de Ridder het bevestig dat die verkeerslig voor 1987 opgerig is.

One Comment on “‘n Oue val”

  1. Ek dink dit moes daar by 1975 gewees het want ons het in die padkamp gebly en moes daar oorloop.Ek was van gr 1 tot standerd 5 daar

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.