ʼn Vlieg in die salf

LEPHALALE — Dit kom voor of daar deesdae ʼn groter inval van vlieë, brommers, muggies en muskiete is en dat aërosolinsekdoders nie meer so doeltreffend as vroeërjare is nie.

Op die webtuiste van die bekende inligtingsblad, Mieliestronk, begin hul berig oor die huisvlieg se gedragpatroon met die volgende inleidingsparagraaf:

Die vlieg is ’n verbasende fynproewer, maar eienaardig genoeg proe hy met sy voete. Hy doen dit deur middel van haartjies wat aan die binnekant hol is. As suikerwater selfs op net een haartjie gesmeer word, laat hy dadelik sy suigslurp sak en begin hy daarmee na kos soek. Maar die vlieg se vorige maaltyd voordat hy op jou suikerpot toesak, kon maklik iets baie jiggie gewees het. En dan vomeer die klein verpesting op jou suiker …

Almal weet hoe dit voel as muskiete irriterend om jou kop zoem as jy wil slaap. Buiten die jeuk nadat jy gebyt is, is daar hordes ernstige siektes wat hulle kan oordra. Volgens Mieliestronk is dit: Malaria, geelkoors, knokkelkoors, harsingsontsteking — en nog sowat tagtig virussiektes wat aan muskiete gewyt word — het saam reeds miljoene mense in hul graf laat beland.

Deur te Google oor muskiet- afweermiddels en raad vir muskietbyte, hoe om ontslae te raak van muskiete, hoe om vlieë en brommers vrek te kry op ʼn manier wat nie mens se asemhaling affekteer nie het uitgeloop op ʼn besef daar sal altyd óf ʼn vlieg in die salf wees óf ʼn muskiet wat zoem zom jou kop.
Lug gerus jou mening oor hierdie klein van gestalte, dog groot aan gevaar, insekte en stuur dit na
sub@mogolpos.co.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.