Nagsluiper het naam

Nagbesoeker
Nagbesoeker

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die man wat vele grondeienaars en plaasbestuurders die harnas in jaag met sy ontydige besoeke, het dalk nou ‘n naam. Johannes Ediger.
Die nag van 24 Augustus het hy kos en sonpanele gesteel by drie plase wat grens aan die Visgat- en Beautypad asook by ‘n plaas in die direkte Overyssel-omgewing.
Op 3 September het hy weer toegeslaan by ‘n plaas langs die Beautypad en sonpanele in die klowe gesteel (spesifiek by ‘n plek waar hy vermoedelik voorheen vier sonpanele gesteel het). By ‘n lodge op die Beautypad het hy dieselfde nag kos gesteel. Hy het die werkers se vleis gevat, die vrieskas gesluit en die sleutel saam met hom geneem.
Die grondeienaars is keelvol hiervoor – nie oor die feit dat hy hoofsaaklik kos steel nie, maar oor die feit dat hy skade aanrig om by die kos uit te kom. Aanvanklik het hy net kos en drinkgoed gesteel, maar die laaste tyd was daar ‘n hele paar voorvalle waar hy sonpanele steel.
Volgens Gert Makwai, ondersoekbeampte, is daar ‘n saak van diefstal en opsetlike saakbeskadiging teen hom oopgemaak, maar daar is verskeie ander sake wat hulle vermoed hy ook by betrokke is. Dit is onseker of hy gewapen of gevaarlik is. Dit kom voor of hy baie goed opgelei is en asof hy die omgewing dophou en veral toeslaan op plekke waar daar nie permanent mense woon nie.
Enigiemand met enige inligting oor waar Johannes woon of wat sy doen en late is, skakel Gert Makwai by 073 422 4286.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.