Neem veediefstal toe?

LEPHALALE — Veediefstal het met 50% toegeneem in die laaste maand. Só is berig tydens die maandelikse Landelike Veiligheidsvergadering wat verlede week by Mogolklub gehou is. Dit sluit hoofsaaklik diefstal van bokke en hoenders in. Die vraag word egter gevra – neem dit toe of word veediefstal net meer gereeld gerapporteer?

Wilddraad word deur veediewe geknip

PT van Staden het berig van ʼn voorval op ʼn buurplaas in die rigting van Beska waar ʼn waterbok en gemsbok van die pad af geskiet is.

Douw Pelser, voorsitter van die veediefstalvoorkomingsforum, het opgemerk dat dit ʼn groot probleem is as sommige boere dink die polisie sien dit as moeite om aandag te gee aan veral veediefstal. Volgens hom is die Limpopo-veediefstaleenheid die tweede beste in die land.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.