Neonpret

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary het Vrydagaand 14 September hul jaarlikse dag/nag gholf, wat Saterdag 15 September plaasgevind het, afgeskop met ʼn neonpretdraf by Mogolklub op die parkrun-roete.

Santjie Wolstenholme, skoolhoof Louwtjie Pretorius en Erica Swanepoel

Dit is slegs die tweede jaar dat hulle dit aanbied. Verlede jaar was daar ongeveer 100 deelnemers en die Vrydagaand het ʼn verrassende 400 pretdrawwers aangemeld en hulle gate uit geniet!

Die doel van die neonpretdraf was aanvanklik om kinders te laat deelneem omdat hulle ouers gewoonlik die volgende dag aan die gholfgeleentheid deelneem, maar die gewildheid is so groot dat klein én groot die stapskoene aangetrek het.

Volgens Santjie Wolstenholme en Erica Swanepoel, beide onderwysers by Laerskool Bosveld Primary, word die fondse wat ingesamel word aangewend om talentvolle leerders finansieel by te staan wat nie daartoe in staat is om aan geleenthede op verskeie gebiede weg van die skool af deel te neem nie.

Gaan kyk gerus op Mogol Pos se Facebook-bladsy vir hope foto’s van dié deelnemers aan die besondere geleentheid.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.