New York wink

Somila Gubuza, ‘n 14-jarige leerder by Hoërskool Ellisras, was tydens die inperking ontdek en genooi om by die International Arts Talent Showcase (IATS) as ʼn model op te tree. Daarnȧ het Elsubie Verlinden, die direkteur van IATS, haar gekontak en genooi om by die International Modeling and Talent Association (IMTA) in New York te gaan optree.

Somila het in Januarie maand van 2021 ʼn modeloefenkamp bygewoon. Sy sal nog aan twee ander oefenkampe deelneem waar professionele persone hulle sal bemagtig om die wêreldwye verkenners in die gesig te staar voordat sy na New York reis.

Vanaf die ouderdom van ses was modelwerk ʼn groot droom van Somila en dit is nou haar tyd om daardie droom ʼn realiteit te maak. “Ek is hartstogtelik oor uitdagings en dit is my grootste doel om nie my ondersteuners teleur te stel nie”, sê Somila.

Haar pleidooi aan almal is om haar te ondersteun om haar drome te verwesenlik.

Kontak haar direk vir meer inligting; somilagubuza4@gmail.com.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.