NG Albertyn Kuierfees

Ria Thuynsma met die gekleurde pannekoeke (met name en al) wat baie gewild onder die kinders was
Ria Thuynsma met die gekleurde pannekoeke (met name en al) wat baie gewild onder die kinders was

Ria Wells
LEPHALALE — ‘n Miernes. Dit is hoe NG Kerk Albertyn se Kuierfees beskryf kan word. Die verskil is dalk net dat die mense tyd gemaak het vir mekaar en die naam van die fees gestand gedoen en behoorlik gekuier het. Dit gaan immers nie net oor die geld wat die kerk insamel nie, maar ook oor die wonderlike samesyn wat so ‘n byeenkoms bied.
Die Kuierfees is baie goed deur die hele gemeenskap bygewoon en op ‘n stadium moes mense hulle voertuie buite die terrein parkeer. Laerskool Ellisras se revue-groepe en die trompoppies was soos elke jaar op hul pos met pragtige vertonings. Daar was soveel aktiwiteite en stalletjies en die kerk het daarin geslaag om in elkeen se smaak te voorsien, van oud tot jonk. Selfs die gekleurde pannekoeke met name soos Minion, Spiderman en ander kinderkarakters het groot aftrek gekry! Vriende en familie het heerlik saam gekuier om van Albertyn se Kuierfees een groot suksesverhaal te maak. Moet dit nie volgende jaar misloop nie!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.