Nóg grade vir oud-Rassies

Leoni Kruger
LEPHALALE — Annelezè Swanepoel, ‘n oudleerder van Laerskool Bosveld Primary en Hoërskool Ellisras, het onlangs haar graad in BPhysT (Fisioterapie) met lof ontvang vanaf die Universiteit van Pretoria. Sy was in 2008 in matriek.
Sy word ook aangewys as die beste finalejaarstudent in Fisioterapie.
Annelezè is tans besig met haar gemeenskapsjaar. Benewens Fisioterapie het sy ook Menslike Bewegingskunde met lof geslaag!
Broer en suster Albert en Marian Jordaan het onlangs albei graad gevang in Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Albert was in 2012 hoofseun van Hoërskool Ellisras en Marian was in 2010 hoofmeisie van Hoërskool Ellisras.
Albert ontvang sy BTh en Marian haar MDiv. Albert studeer tans verder en Marian het ‘n beroep gekry vir predikant by die NG Pietersburg-Noord gemeente.
Tanya Dempers was ‘n 2011-matrikulant aan die Hoërskool Ellisras en sy het onlangs haar LLB-graad van die Universiteit van Pretoria ontvang. Tanya is tans besig met haar klerkskap te Dawie Beyers Prokureurs Ingelyf in Pretoria.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.